
=====================================================================
Engels ongeskik vir Afrika renaissance (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Engels ongeskik vir Afrika renaissance

Een van 'n drietal boeke wat die inisiatief van die Eenheid vir Taalfasilitering en Taalbemagtiging aan die Universiteit van die Vrystaat 
in Bloemfontein laat verskyn het, is Multilingualism and Government. 'n Pamflet gee meer besonderhede.

Die samestellers is die Vlaamse akademikus prof. Kas Deprez van die Universiteit van Antwerpen en van die Katolieke Universiteit van 
Leuven, dr. Theo du Plessis van die Eenheid vir Taalfasilitering en Taalbemagtiging, en prof. Kristin Henrard van die Universiteit van 
Groningen, Nederland.

In die voorwoord s die samestellers dat Suid-Afrika die internasionale arena betree het en nou 'n demokrasie is. 'n Demokrasie behels meer 
as 'n demokratiese grondwet. "Dit vereis 'n bepaalde etos, 'n nasionale gees, verdraagsaamheid, respek vir menseregte en 'n konsolidasie 
van demokratiese instellings en prosesse." (Uit Institutional developments in divided societies van B. de Villiers, F Delmartino en A. 
Alen; RGN, 1998.)

Hulle voeg dan by: "Dit beteken die uitbouing van 'n stewige taalbeleid. Hoe regerings met veeltaligheid en kulturele diversiteit omgaan, 
hoe hulle 'n taalbeleid formuleer, aanneem en uitvoer, hoe taalminderhede behandel word ensovoort weerspiel in welke mate hulle toegewy is 
aan demokrasie."

Die samestellers beoog 'n reeks boeke met 'n diepte-ontleding van party Europese lande se taalbeleidgeskiedenis, veral die veeltalige 
aspekte. Terselfdertyd word in elke boek die geleentheid gebruik om verslag te doen van wat reeds in Suid-Afrika bereik is.

In Multilingualism and Government word veeltalige Belgi uitvoerig behandel. Die rede is dat di boek 'n Belgies(Vlaams)/ Suid-Afrikaanse 
onderneming is. Die gedagte is dat Suid-Afrika by Belgi kan leer  sowel uit positiewe as negatiewe aspekte  maar dat Belgi ook by die 
ontwikkeling in die nuwe Suid-Afrika verrykend baat kan vind.

Die nuwe Suid-Afrika streef daarna om 'n renboognasie te word  'n eenheidstaat waarin alle tale, kulture en godsdienste kan gedy. Die 
samestellers wys daarop dat die studie van sommige veeltalige state in Europa, Suid-Afrika daarvan bewus kan maak dat talesentralisasie 'n 
dreigende gevaar vir die demokrasie inhou. Suid-Afrika het in enkele jare gegroei tot 'n oorwegend Engelssprekende staat, waar nie net 
Afrikaans sy mag verloor het nie, maar veral die Afrikataalgroepe nie die ondersteuning gekry het wat hulle nodig het nie.

Die samestellers is dit eens dat Engels onmoontlik 'n uitdrukking van die Afrika renaissance kan wees. "Op geen manier kan Suid-Afrika 
ontkom aan 'n uitvoerige debat oor die voor- en nadele van veeltalige en multikuturele ontwikkeling nie."

Ander Europese state wat in hierdie boek aandag geniet, is Switserland, 'n suiwer federale staat wat op kantons gebou is en waarvan die 
taalbeleid by die gebiede  die beginsel van territorialiteit  berus, en Luxemburg. In teenstelling met Belgi en Switserland berus 
Luxemburg se taalbeleid op die beginsel van persoonlikheid. Die inwoners vereenselwig hulle met drie tale: hul eie klein Letzeburgesch  
die taal van die hart  en Frans en Duits, twee tale van mag wat 'n integrale deel van die land se geskiedenis vorm. Die drie tale vervul 
verskillende funksies. Di opset kan vir Suid-Afrika van nut wees, veral op streekvlak.

Aangesien die vermelde veeltalige voorbeelde die indruk kan wek dat veeltaligheid in Europa die norm is, terwyl die teendeel waar is en 
miljoene Europers weens taal- en kultuurverskille vervolg en vermoor is, het die samestellers ook die voormalige Joegoslawi behandel om 
die teendeel te bewys.

Hulle betreur dit dat nie ook die Verenigde Koninkryk, Spanje, die voormalige Sowjetunie, die voormalige Tsjeggo-Slowakye en ander lande in 
hierdie boek aandag kon geniet nie. Die rede daarvoor is gebrek aan geld.

Deprez, Du Plessis en Henrard spreek die hoop uit dat geleerdes en aktiviste uit ander lande gelok mag word deur die belang van wat nou in 
Suid-Afrika op die gebied van taalbeplanning plaasvind, en ook deur di boek, om hulle by hierdie projek aan te sluit en geldmiddele saam 
te bring.

Deprez het op 'n onlangse besoek aan Suid-Afrika te kenne gegee dat sou Engels die oorheersende taal in die land word, dit skade aan die 
land sou doen. Hy het ges: "Taal is die hoeksteen van kultuur, politiek en die ekonomie. Wanneer een taal ten koste van 'n ander gebruik 
word, verloor mense hul taal en ook hul identiteit." Eenheid vir Taalfasilitering en bemagtiging: e-pos: fgtlw@uovs.ac.za. Faksnommer: 
0927-51-4483976 Anneke van Niekerk

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7433.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

